Omtrent hierdie webtuiste
Hierdie webtuiste bied ’n forum vir mense wat belangstel in Afrikaanse televisie en televisie in Suid-Afrika. Hier kan jy lees oor gewilde Afrikaanse dramas en sepies op Suid-Afrikaanse televisie, jou opinie lug oor hierdie programme en deelneem aan prettige meningspeilings oor die impak van hierdie programmme op ons lewens en mense se persepsies oor Afrikaanssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika. As jy ’n sepie-aanhanger of ’n liefhebber van Afrikaanse dramas is, besorg is oor die kwaliteit en hoeveelheid Afrikaanse programme op die openbare uitsaaier of iemand is wat nuuskierig is oor hoe Suid-Afrikaanse televisie inmekaarsit, is hierdie webwerf vir jou.
As jy iemand met belangstelling in Suid-Afrikaanse televisie is wat ook van Afrikaanse programme hou, moet jy ons Openbare blad besoek. Jy sal hier inligting oor Afrikaanse programme, opinies oor programinhoud en inligting oor Suid-Afrikaanse uitsaaibeleid vind en ook sien hoe Afrikaanse programme in vergelyking met hulle eweknieë in ander tale vaar. Boonop kan jy jou sê sê oor jou gunsteling Afrikaanse sepie of drama en die status van Afrikaanse programme op Suid-Afrikaanse televisie en bydra tot blogs oor sekere Afrikaanse programme.
Indien jy ’n akademikus is wat graag wil weet waarom die Departement Afrikaans ’n webtuiste oor Afrikaanse televisie het en hoe hierdie webwerf aansluit by ons navorsing oor Afrikaanse televisie en identiteitsvorming, moet jy ons Akademiese blad besoek. Dit verskaf inligting oor ons navorsingsprojek en metodologie asook opsommings van kongresreferate en artikels wat deur ons ondersoekspan gelewer word.
Indien jy deel wil neem aan ons besprekings oor Afrikaanse televisieprogramme, klik hier
