Sê jou sê

  1. Egoli

    Programskedule: Ma-Vry 18:30-19:00

    Egoli is Suid-Afrika se oudste sepie. Dit was ook die eerste veeltalige, multi-kulturele sepie wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is. Egoli se plot wentel om die lewens van die Edwards-gesin wat die internasionale motorvervaardiger Walco besit. Ander gesinne se lewens is met dié van die Edwardse vervleg, hetsy as vriende of vyande. Die sepie, wat in Johannesburg, Suid-Afrika afspeel, bevat karakters uit alle vlakke van die samelewing – van die invloedryke sake-gesin en hulle aanhangsels, tot die gemiddelde voorstedelike gesin.

    M-NET
  2. 7de Laan

    Programskedule: Ma-Vry 18:30-19:00
    7de Laan is plaaslik vervaardigde sepie wat in ’n fiktiewe hoër-middelklas voorstad van Johannesburg in ’n paar selektiewe ruimtes afspeel. Dié ruimtes sluit die deli, die koffiewinkel, die sportwinkel en klub in. Binne hierdie geslote omgewing stel die sepie tot op ’n punt ’n liberaal-pluralistiese utopie van die reënboognasie voor waar al die karakters, ongeag hul ouderdom, geslag of sosiale agtergrond op homogene wyse interaksie het. Dit verskaf utopiese beelde van gemeenskap, werkersklas- en etniese solidariteit en persoonlike vriendskappe sonder om noodwendig te vra na die impak van ’n alternatiewe samelewing. 
    SABC 2
  3. Andries Plak

    Programskedule: Wys nie tans nie

    Andries Plak, ’n ‘drama-die’ wat in die nuwe millenium afspeel, handel oor ’n wit Afrikaanssprekende man in sy vyftigs, Andries Melck, ook bekend as Wit Andries, wat sy plaas weens die regering se landherverdelingsprogram verloor het. Hy besluit om sy tuiste op ’n oop stuk grond in een van Johannesburg se ryk wit voorstede te maak. Die inwoners, wat verstaanbaar ontsteld is oor die verskyning van Andries se plakkershut in hulle buurt, beweer dat die land wat Andries bewoon deel vorm van ’n voëlreservaat en dat hy besig is om die habitat van ’n skaars soort skoenlapper te versteur. Verder maak hulle die punt dat wit mense nie plakkers behoort te wees nie – slegs swart mense mag grond onwettig beset. Andries se ervarings as ’n plakker en met ander plakkers laat sy oë oopgaan en hy ontwikkel tot ’n meelewende kampvegter vir die regte van minderbevoorregtes.

    SABC 2
  4. Begeertes

    Programskedule: Wys tans nie

    Begeertes handel oor die liefdesintriges en lewensdramas van 'n groep mense in Oos-Londen. Die hoofkarakter, Anton Schoeman, sukkel om kop bo water te hou terwyl hy sy siek ma versorg. Sy droom om sy eie fortuin te maak, word egter moontlik gemaak deur die ondersteuning van die ryk sakeman, Hugo Wessels. Elk van die karakters sukkel om hulle verlede in die verlede te hou – Anton vind met 'n skok uit wie sy biologiese pa is, en Hugo, wie se vrou en dogter in 'n ongeluk oorlede is, trou met 'n vrou wat ten alle koste probeer om haar verlede vir hom duister te hou, terwyl sy dit ook moeilik vind om binne sy sosiale kring aanvaar te word. Boonop raak Anton met die eerste oogopslag verlief op Annalien, wie se ma haar pa doodgeskiet het. In Begeertes is daar ook die bruin gesin Prins, wie se matriarg, Bernadine, Anton se “surrogaat-ma” is.

    M-NET
  5. Binnelanders

    Programskedule: Ma-Vry 18:00-18:30

    ’n Program wat hoofsaaklik in ’n werksomgewing afspeel. Binnelanders verken die hoogte- en laagtepunte van dokters en verpleegsters en hulle geliefdes by die Binnelandkliniek in Pretoria. Die rolbesetting weerspieël ’n redelik beperkte veelrassige Afrikaanssprekende gemeenskap. Daar is in Binnelanders klem op prestasie en status binne die mediese beroep en ander beroepe en verskillende beelde van mag en sukses word uitgelig. 

     
    M-NET
  6. Erfsondes

    Programskedule: Dinsdae 19:30-20:30

     Die sondes van die verlede en hul impak op die hede is die sentrale fokus van die plaaslik vervaardigde dramareeks Erfsondes. Erfsondes gebruik utopiese beelde om kritiese kommentaar te lewer op die verlies aan gemeenskap en die vernietiging van die gemeenskap deur geldgierigheid. Dit word gedoen deur ’n akute bewustheid uit te beeld van die vrese en hoop wat ’n reënboogutopie tot gevolg mag hê. Deur die diskoerse wat deur die program geskep word, ontwikkel ’n beeld van die huidige stand van sake betreffende Afrikaanse/Suid-Afrikaanse identiteit. 

    SABC 2
  7. Kompleks

    Programskedule: Donderdae 20:30-21:00

    Kompleks is 'n satiriese komedie wat afspeel op 'n golflandgoed iewers in Suid-Afrika.  Op die oog af blyk dit 'n veilige en prentjiemooi tuiste daar te stel, maar kykers kom gou agter dat die gras nie altyd groener is aan die ander kant nie.  Die program volg die lewens van die mense wat hulle tyd by hierdie ekskusiewe golflandgoed deurbring.  Dit sluit in 'n gesin wat onverwags skatryk is nadat hulle die Lotto gewen het, 'n selebriteit en haar effens lig-in-die-broek man, ryk skoolkinders wie se grootste plesier in die lewe sogenaamde popkultuur is, 'n afgterede intellektueel en die student wat by hom loseer en ten slotte 'n maniese sekuriteitswag.    
     

  8. Song vir Katryn

    Programskedule: Wys nie tans nie

    Song vir Katryn bied ’n kontemporêre kyk op ’n Afrikaanssprekende gemeenskap in die nuwe Suid-Afrika. ’n Meer informele benadering ten opsigte van die taalgebruik in die program poog om die veranderde tye te reflekteer. Afrikaanse musiek word ook in die kollig geplaas. Song vir Katryn beeld Jinx en Katryn se lewens en verhouding uit met ’n verkenning van hul verledes asook die vreugdes en uitdagings waarmee hulle te kampe het. Dit ondersoek ook die impak van relevante kwessies soos dwelmmisbruik en VIGS. 

    SABC 2
  9. Villa Rosa

    Programskedule: Ma-Do 19:30
    Villa Rosa beeld die lewens van ’n aantal Afrikaanssprekende karakters in Bloemfontein uit. Kapitalistiese drome en begeertes is meestal aan die orde van die dag, maar verhoudings word ook verken, insluitende verhoudings tussen vriend en vyand, jonk en oud, maar ook romantiese verhoudings en gesinsverhoudings. Villa Rosa dra verskillende idees en waardes oor die besigheidswêreld, gesinne, liefde en die lewe in die nuwe Suid-Afrika oor.
    SABC 2
  10. Ken Jou Laan

    Programskedule: Wys nie tans nie
     Die splinternuwe vasvraprogram, Ken jou Laan, is op soek na die grootste 7de Laan-aanhanger. Spanne se kennis van 7de Laan word getoets, met sommige vrae wat selfs so ver teruggaan as die heel eerste episode. Jan-Hendrik (Waldemar Schultz) is die aanbieder en sowel kykers as akteurs (in hulle 7de Laan-rolle) neem deel aan die program. 

    SABC 2
  11. Kruispad

    Programskedule: Wys nie tans nie

    In Kruispad is die fokus nie spesifiek op die veranderende Suid-Afrikaanse politiek nie, maar eerder op mense wat hulle in die veranderde tye in Suid-Afrika bevind. Kruispad beeld die lewens uit van twee Afrikaanse gesinne in die tyd tussen 1994 en 2007. Die reeks besin oor keuses en gevolge, asook die impak van verandering in hierdie tyd en plek in die geskiedenis. Kruispad belig die wyse waarop verskillende faktore gesinne, werk, vriendskap en liefde kan beïnvloed. Aktuele Suid-Afrikaanse kwessies soos misdaad en emigrasie word ook aangeraak. 

     
    M-NET
  12. Binnekring

    Programskedule: Wys nie tans nie

    In Kruispad is die fokus nie spesifiek op die veranderende Suid-Afrikaanse politiek nie, maar eerder op mense wat hulle in die veranderde tye in Suid-Afrika bevind. Kruispad beeld die lewens uit van twee Afrikaanse gesinne in die tyd tussen 1994 en 2007. Die reeks besin oor keuses en gevolge, asook die impak van verandering in hierdie tyd en plek in die geskiedenis. Kruispad belig die wyse waarop verskillende faktore gesinne, werk, vriendskap en liefde kan beïnvloed. Aktuele Suid-Afrikaanse kwessies soos misdaad en emigrasie word ook aangeraak. 

     
    SABC 2
  13. Hester en Ester Bester

    Programskedule: Wys nie tans nie

     Hou hierdie ruimte dop!

    M-NET
  14. Riemvasmaak

    Programskedule: Wys nie tans nie

     

    Riemvasmaak is ’n mini-reeks van 4 episodes wat in die Noord-Kaapse dorpie Riemvasmaak afspeel. Dit handel oor die gedwonge verskuiwings uit die gebied in 1973 en een man se stryd om die land terug te eis. Die reeks is op die ware belewenisse van die Riemvasmaakgemeenskap gebaseer, maar vertel die fiktiewe verhaal van Jaco Allemans, ’n Riemvasmaker wat homself as man definieer en herdefinieer. Hy ondergaan ’n proses waarin sy aanvanklike verset teen wit Afrikanerbeleid plek maak vir wanhoop en verlies, maar ook vir die uiteindelike ontdekking van ’n meer volwasse self en vir sy rol as leier van sy gemeenskap.

    SABC 2
  15. Getroud met rugby

    Programskedule: Woensdae 14:00-15:00

     

    Getroud met rugby is ’n dramareeks deur Deon Opperman, geskep in die gees van die trefferreeks Footballers’ Wives. Die kyker sien nooit fisies ’n rugbywedstryd nie, maar die narratief is opgebou rondom die lewens van die spelers van ’n denkbeeldige provinsiale rugbyspan, genaamd die Stryders. Die reeks fokus op die skandale, huwelike, seksuele avonture en rugbypolitiek agter die skerms en in die slaapkamers van vier rugbypaartjies. Daar word nie gehuiwer om die tabloid-wêreld van rugby en die gepaardgaande politiek uit te beeld nie. Rugby – opsigself amper ’n geloof in Suid-Afrika – is die sentrale bron van die vele intriges wat afspeel in die reeks.
    M-NET
  16. Triptiek

    Programskedule: Wys nie tans nie

     

    Triptiek (skrywer en regisseur: Jan Scholtz) verken die komplekse web van intrige wat deur die polisie en kriminele gespin word. Die plot wentel om die planne van Bibi Brinkman, Barry McGregor en Pietman Botha. Wie kan vertrou word waar geld en diamante betrokke is? Die skeidslyn tussen goed en kwaad word soms onduidelik in hierdie misdaad-drama.
    M-NET
  17. Wenners

    Programskedule: Wys nie tans nie

     

    Hierdie klassieke drama beeld die lewens van onderwysers en leerlinge by die Hoërskool en Kinderhuis Hartbeespoort uit. Carl en Jackie Lindeman is nuwe aankomelinge en hulle sukkel om by hulle nuwe omstandighede aan te pas. Terwyl hulle nog besig is om hulle pa se dood en hulle ma se swak gesondheid te verwerk, word hulle lewens deur probleme soos boelies gekompliseer.
    M-NET
  18. Molly en Wors

    Programskedule: Vrydae 15:00-15:30

     

    Willie Esterhuizen se Molly en Wors beeld die lewens van ’n Suid-Afrikaanse middelklasgesin uit. Die storie wentel om die probleme en uitdagings van Worsman, sy vrou Molly en hulle twee kinders, Vaatjie en Blapsie. Kwessies wat ter sprake kom is die liefde, vertroue, die gesin en die grootmaak van kinders in die tye waarin ons leef.
    M-NET
  19. Impresario

    Programskedule: Vrydae 8:30-9:00

     

    Hierdie semi-dokumentêre reeks verken die (Suid)-Afrikaanse teater-, film- en televisie-industrie. Die lewe en werk van sleutelfigure soos André Rossouw, Sandra Prinsloo en Regardt van den Berg en vele ander word onder die kollig geplaas. Die program bied ’n interessante blik op die hede en verlede.
    M-NET
  20. Askies

    Programskedule: Vrydae 18:00-18:30

     

    Askies is ’n plaaslike televisiesitkom wat handel oor ’n diverse groep volwassenes wat ’n inheemse taal wil leer om hul sosiale status ’n hupstoot te gee. Die volwassenes woon ’n Zulu Taalskool by wat in ’n pandjieswinkel in Randburg gesetel is – die enigste ding wat Frida in haar egskeiding gekry het. Ten einde kop bo water te hou, gebruik Frida, ’n laerskool-Afrikaansonderwyseres, haar taalvaardighede om met die hulp van Persistance, die slim teevrou, die groep volwassenes saans Zulu te leer. Tussen die klasse deur moet sy ook probeer om haar landlord en potensiële gangster, Mike, te vermy, wat die pandjieswinkel in ’n nagklub wil omskep. Askies bevat al elf amptelike tale, maar gebruik hoofsaaklik Afrikaans, Engels en Sotho en het Engelse onderskrifte.
    SABC 2
  21. Dit wat stom is

    Programskedule: Donderdae 21:00-22:00

     

    Dit wat stom is speel af in Pretoria, hoofsaaklik in ’n arm woonbuurt in Pretoria-Wes.
     
    Jan Meyer is ’n regstudent wat by sy tannie, Kokkie Sieberhage, woon. Nadat hy uitvind dat sy eks-meisie swanger is, is hy egter bereid om sy studies te laat vaar ten einde na sy kind om te sien. Sy eks-meisie, Melanie, is egter nie hiervoor te vinde nie, ontken dat Jan die pa is en beplan om die baba te laat aanneem.
     
    Elri is ’n jong, blonde, beeldskone Genetika-student en die appel van haar ryk sakeman-pa, Arnold Dekker, se oog. Wanneer haar pa tragies sterf, kom dit op die lappe dat sy skynbaar welvarende maatskappy finansieel in die knyp was. Elri is dus sonder blyplek of inkomste. Sy onderneem om na haar jonger broer om te sien en saam verhuis hulle na dieselfde buurt waar Jan en sy tannie woon terwyl Elri probeer agterkom hoe haar pa se vennoot hulle ingedoen het.
     
    Hier kruis Elri en Jan se paaie en word hulle lot onlosmaaklik ineengestrengel.


Weeklikse stemming

Neville vry na Felicity op 7de laan

Ja!
Ughh!
Sluit nou aan of Teken aan om te stem