Opsomming

Begeertes handel oor die liefdesintriges en lewensdramas van 'n groep mense in Oos-Londen. Die hoofkarakter, Anton Schoeman, sukkel om kop bo water te hou terwyl hy sy siek ma versorg. Sy droom om sy eie fortuin te maak, word egter moontlik gemaak deur die ondersteuning van die ryk sakeman, Hugo Wessels. Elk van die karakters sukkel om hulle verlede in die verlede te hou – Anton vind met 'n skok uit wie sy biologiese pa is, en Hugo, wie se vrou en dogter in 'n ongeluk oorlede is, trou met 'n vrou wat ten alle koste probeer om haar verlede vir hom duister te hou, terwyl sy dit ook moeilik vind om binne sy sosiale kring aanvaar te word. Boonop raak Anton met die eerste oogopslag verlief op Annalien, wie se ma haar pa doodgeskiet het. In Begeertes is daar ook die bruin gesin Prins, wie se matriarg, Bernadine, Anton se “surrogaat-ma” is.

Hierdie week op Begeertes

Hierdie week op Begeertes

Ons opinies

 

Die demokratisering van Suid-Afrika het in die middel van die jare tagtig begin en die hoogtepunt was die eerste vrye verkiesings wat in 1994 gehou is. Die “struggle” was amptelik verby, maar onoffisieel was 1994 die begin van ’n nuwe stryd – die konstruksie van ’n nasionale Suid-Afrikaanse identiteit. In die lig van Suid-Afrika se geskiedenis van ongelykheid, sorg die kwessie van identiteit vir heelwat kommer, debat en konflik alhoewel die land se politici die idee van “eenheid in diversiteit” verkondig. In hierdie opsig dien Aartsbiskop Desmond Tutu se beskrywing van Suid-Afrika as ’n “reënboognasie” as ’n bemiddelde metafoor vir ’n land wat kennelik divers van aard is dog in gees verenig is.
Die vryheidstryd in Suid-Afrika was aangedrewe deur nie-wit Suid-Afrikaners se begeerte om deel te neem aan die land se politieke en sosiale prosesse. Op soortgelyke wyse word die huidige nasiebou-proses voortgestu deur die begeerte om ’n Suid-Afrikaanse openbare sfeer te skep wat vry is van rassisme, seksisme en en al die ander “ismes” – met ander woorde, ’n plek waar mense uit alle sfere van die samelewing in vrede en harmonie kan saamleef. Hoewel koerantberigte oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika impliseer dat dit ’n veraf droom is, suggereer Afrikaanse televisieprogramme op die SABC dikwels die teenoorgestelde. Hulle bied utopiese beelde van gemeenskap, werkersklas- en etniese solidariteit en persoonlike vriendskap sonder om noodwendig indringend na die impak van ’n alternatiewe samelewing te vra. Hulle mag dit dalk doen om te vermy om in Afrikaans se politieke bagasie verstrengel te raak. Ongeag die feit dat Afrikaans feitlik gelykop verdeel tussen wit en nie-wit sprekers, word Afrikaanse televisie se rol in Suid-Afrika se soeke na ’n nasionale identiteit gekompliseer deur Afrikaans se unieke geskiedenis as sowel ’n taal van vereniging (in die projek van wit Afrikanernasionalisme) en ’n taal van onderdrukking (die gevolg van die feit dat wit Afrikanernasionaliste die ideologie van apartheid gesteun het). Die meeste Afrikaanse programme blyk dus uit te gaan van die veronderstelling dat vermaak los (behoort te) staan van politiek en beeld die kleurvolle Suid-Afrikaanse nasie uit as ’n polities en sosiaal geïntegreerde samelewing sonder enige konflik en sonder enige blywende politieke bagasie. Hierdie soort representasie is egter geneig om die verskillende groepe tot ’n eenderse wit, middelklas mengsel saam te voeg.
Zegeye & Harris’s (2003 :1-2) voer aan dat Suid-Afrika se massamedia nie net belangrike bronne van openbare inligting en kanale vir kommunikasie is nie; hulle dien ook as belangrike draers van die identiteite en belange van die verskillende sosiale groeperings in die Suid-Afrikaanse samelewing. In hierdie kapasiteit help die media om die relatiewe mag, status en invloed van hierdie groepe te bepaal. Indien ons hierdie stelling aanvaar, wil dit blyk dat die onderliggende boodskap van die representasies van Suid-Afrikaners op Afrikaanse televisieprogramme is dat ten einde mag en aanvaarding in die kontemporêre Suid-Afrikaanse samelewing te verkry, ons almal wit, middelklas waardes en gedrag moet nastreef.
 
Stem jy saam met hierdie stelling? Verskil jy daarvan? Sê jou sê!

2 Kommentaar (1 Stem saam, 1 Stem nie saam nie)

  • pododon

    Gestuur June 17, 2010, 07:01

    wFCTZR <a href="http://btpdiqmykcdz.com/">btpdiqmykcdz</a>, [url=http://yhqldvcarfwb.com/]yhqldvcarfwb[/url], [link=http://rikagaafoeiv.com/]rikagaafoeiv[/link], http://ucpiwizhusxa.com/

  • jellybirds

    Gestuur June 18, 2010, 06:49

    BCsStd <a href="http://hyupzbdfbxbn.com/">hyupzbdfbxbn</a>, [url=http://ptttzgjsjfta.com/]ptttzgjsjfta[/url], [link=http://mmciqfifmegp.com/]mmciqfifmegp[/link], http://jieayvuuzpmn.com/

Sluit nou aan of Teken aan om kommentaar te lewer


Weeklikse stemming

Neville vry na Felicity op 7de laan

Ja!
Ughh!
Sluit nou aan of Teken aan om te stem